Welkom by SA Sport en Jag Federasie.
Nuwe National Bestuur 2011/2012.
Dear Network Member,
If you are told by SAPS, or are made aware of someone who has been told by SAPS, that for any reason a licence application, whether it be a renewal or new application, will be cancelled due to any form of non-compliance with SAPS requirements, please contact the SAGA office immediately with full details as to:
- person
- province
- station
It is SAGA’s view that SAPS do not have the authority to cancel an
application after taking reasonable steps to obtain such information they feel is required.
The correct procedure should be for SAPS to refuse the application and
thus afford the applicant the right of appeal against such decision.
SAGA Office:
Email: saga@saga.org.za
Tel: 031-562-9951
Fax: 086-553-9615
Administratiewe Beampte:
Debbie Hartslief 082 448 2599
Die SA Sport en Jag Federasie is in 1991 gestig omdat die behoefte ontstaan het om ‘n geleentheid te skep vir jagters om op ‘n meer gelyke voet mee te ding en ook meer eties.
Op daardie stadium, en vandag nog, word die jagter van tradisionele jagtersorganisasies baie bevoordeel indien hy finansieel vermoend is.
Hy kan in alle kategorie met die beste trofee meeding nadat hy onbeperkte hoeveelhede van verskillende wildsoorte van dieselfde kategorie gedurende die jaar geskiet het. Dit gee hom ‘n voorsprong teenoor die arm jagter wat slegs een bok van enkele spesies kan skiet.
Hierteenoor word SASJF lede slegs ses geleenthede per jaar gegun om amptelik te jag. Tydens die jag mag hulle slegs een ooreengekome wildspesie skiet en dan slegs van maklik bekombare spesies soos rooibokke, blesbokke en vlakvarke. Tydens elke jag mag elke jagter slegs vyf gemerkte patrone saamneem. Hy kry dan punte vir patrone terug. Dit voorkom dat die jagter eers die bok probeer kwes en dan later doodskiet.
Punte word vir skootplasing toegeken, bv. vyf punte vir die brein, hart en nekskoot, vier punte vir longe en drie vir die res. Norme en gewig word ook aan vroulike spesies toegeken vir ‘n trofeewaarde. Andersins word die normale standaarde van SA Rekordboek gebruik vir vroulike diere.
Baie jagters jag nie werklik nie, hulle doen net die skietwerk want die gids bepaal waar die wild loop en dui selfs die grootste aan. Tydens ons jagte moet die jagter die bok alleen opspoor, die grootte bepaal en geduldig wag vir ‘n goeie skootplasing.
Hierdie kompetisies vind op klub-, provinsiale- en nasionale vlak plaas en die presteerders word veral vereer met sportkleure en nie net bloot die tradisionele bekers en trofees nie.
Sport en Jag verskil nie van tradisionele jagtersverenigings wat erkenning van prestasies betref nie. Alle jagters jag hoofsaaklik vir vleis of ten einde hulle trofees die einde van die jaar in te skryf. Dit is die hoofrede waarom Jagtersverenigings in SA tot stand gekom het. Gaan vra maar vir die ouer manne. Was daar nie ‘n jaareindfunksie van swier waar die manne kon spog en duursame trofees as erkenning vir hulle prestasies ontvang nie, glo ek dat Jagtersverenigings nooit tot stand sou gekom het of oorleef het nie.
Elke jagorganisasie het sy eie etiese reels want wild word om verskillende redes gedood. Wild word geoes en daarom in die nag in massas doodgeskiet met behulp van ‘n soeklig. Daarteen word daar nie beswaar gemaak nie want dit dien ‘n spesifieke doel. Dieselfde geld vir jag van probeemdiere –dit het ‘n bestaansreg van sy eie. Jag bloot vir biltong doeleindes geskied op ‘n ander wyse met sy eie doel met sy eie etiese norme terwyl jag as ‘n kompetisie op ‘n ander wyse met sy eie doel geskied. Die Nasionale Norme en Standaarde se regulasies maak dan ook voorsiening daarvoor. Wat hierdie organisasies wel almal in gemeen het is dat hulle ‘n bloedsport beoefen.
Die Hand-woordeboek van die Afrikaanse Taal beskryf jag ook as “Die jag as sport be-oefen” ‘n woord wat los en vas deur Jagtersorganisasies gebruik word.
By Sport en Jag word jag met ‘n jaggeweer, boog, handwapen, haelgeweer en swartkruit erken –elk met sy eie reels. “Sport” word weer omskryf as Liggaamsbeweging as ontspanning in die ooplug …, dikwels in die vorm van wedstryde. “Sportman” (toegepas) word gedefinieer as ‘n persoon wat sy teestanders billik behandel, niks onwettigs doen en nie omgee om te verloor nie.
Dit is duidelik dat sodra ‘n jagter van ‘n jagorganisasie jag volgens die reels van sy organisasie en aan die einde beloon word met ‘n trofee dan is die doel van daardie organisasie o.a. om bloedsport te be-oefen.
Die moeilikste trofee om voor te kwalifiseer ingevolge hierdie norme is dan ook inderdaad CHASA se Musgrave trofee.
Om seker te maak dat ons jagters vaardig bly is ons sportskietafdeling net so lewendig.
Ons het ‘n geakkrediteerde skietbaan en in elk van ons agt provinsiale takke, baanoffisiere, baanbeamptes en opleidingsbeamtes ens. Baie aandag word gegee aan die opleiding van junior en vroue-lede.
Daar word voorsiening gemaak vir sportskiet met die jaggeweer, haelgeweer, .22, handwapen, boog, swartkruit en windbuks.
Sport en Jag is geaffilieer by Safari Club International, Jagtersforum en National Rifle Association en ook geakkrediteer by die Sentrale Vuurwapen Register.
U kan as ‘n geaffilieerde lid aansluit by SA Sport en Jag, dan sal ons vir jou ‘n persoonlike portefeulje op ons indrukwekkende webblad www.sasportjag.co.za skep waar al jou jag en sportskiet prestasies aangeteken word. Ons is reeds geakkrediteer om toegewyde sportjagstatus toe te ken en teen die tyd dat u hierdie artikel lees, sal ons ook instaat wees om aan u toegewyde sportskietstatus toe te ken.
“Ons is geakkrediteer om toegewyde
sportjagstatus asook toegewyde sportskietstatus
toe te ken. “


