Welcome / Welkom

Die SA Sport en Jag Federasie bied ‘n tuiste vir gesinne en individue wat lief is vir die veld, jag en baanskiet aktiwiteite.  Die Federasie is in 1991 gestig veral om etiese standaarde in jag en baanskiet na te volg. SA Sport en Jag Federasie is ‘n internet-gedrewe geakkrediteerde organisasie vir die hele gesin sowel as vir die ernstige jagter wat graag jag en skiet as ‘n sportsoort wil beoefen. Sy gesin kan betrek word en gereelde deelname aan aktiwiteite kan sy/haar besit van vuurwapens tydens die vuurwapen aansoekproses regverdig

Rifle Hunting / Geweerjag
Range Sport / Baansport
Bow Hunting / Boogjag
Wing Shooting / Haelgeweerjag

Lidmaatskap van die Federasie bied vir elke lid van u gesin die kans om baanskiet as sport te beoefen asook  kompetisiejag.  Lidmaatskap is beskikbaar vir volwassenes/seniors (mans en vrouens), kinders (onder 13 jaar tot 18),  studente en veterane (bo 65).  Ledegelde word hiervolgens jaarliks bepaal.

  • Hooflid / Main member – R600
  • Aansluitings fooi / Entry fee – R170
  • Afhanklike / Dependent – R150
  • Student & Pensionaris / Student & Pensioner – R300
read more

Die beginsels van amateur jag word vooropgestel en lede kan jag as ‘n sport be-oefen en jagvaardighede verbeter deur skyf te skiet met jag wapens.  Lede kan deelneem aan baanskiet met handwapens (pistole en rewolwers),  windbuks (veer- en CO2 gewere en handwapen), kleingeweer (.22), grootgeweer (afstande vanaf 25 tot 500m op  verskillende teikens en posisies om veldtoestande na te boots),  haelgeweer (skiet van sportskiet kleiduiwe) en haelgeweer jag (droë-, natjag en duifjag).  Lede kan nasionale federasie kleure in die verskeie afdelings verwerf.

Unieke kompetisies word aangebied vir geweerjag, voëljag en boogjag. Geweer- en boogjag: Jagters jag sonder gidse en word beoordeel aan die hoeveelheid patrone/pyle wat gebruik is, skoot plasing en die spesie se gewig of horinglengte volgens vasgestelde norms.

Haelgeweerjag: Kompetisies word gedoen waar verskeie voëlspesies gejag word in drie afdelings nl. Droë jag (tarentaal en fisant); natjag (watervoëls); duifjag.  Lede kan in verskillende dissiplines deelneem nl. Boogjag, geweerjag, haelgeweerjag en boogjag.

Die Federasie is geakkrediteer deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om Toegewyde Jagter en Toegewyde Sportskiet status toe te ken. Bekwaamheidsopleiding word aangebied ter verwerwing van hierdie statuses. Baanoffisier-, jag– en voëljag beoordeel kursusse word onder meer ook aangebied.

Jaarliks word erkenning vir prestasie op provinsiale en nasionale vlak aan lede gegee vir hul deelname aan plaaslike en nasionale kompetisies. Jaarlikse interprovinsiale jag en baanskiet geleenthede word aangebied. Junior lede kan ook kwalifiseer om hul provinsies op die jaarlikse nasionale kampioenskappe te verteenwoordig.

New Image
Logo Face Book
kzn
limpopo
mpumalanga hoeveld
mpumalanga laeveld
Noordwes New-03
weskaap

Opkomende Aktiwiteite

  • Spesiale Algemene Vergadering 28 Oktober 2017

 

Latest / Nuutste

Documents / Dokumente

NameSizeHits
NameSizeHits
Notules AJV 11 Aug 2017655.5 KiB62
Kudubrokkies Vol 3 & 4(3uit3)16.8 MiB174
Kudubrokkies Vol 3 & 4(2uit3)30.7 MiB312
MPH Bestuur Kontak Info12.1 KiB80
Stigting van Bethlehem tak823.1 KiB106

Photos / Fotos

ChilliBites 2 / 2016

chillibites

Tydens die pas afgelope nasionale Vrouejag kampioenskap van die SA Sport en Jag Federasie wat te Jacobsdal gehou is, is Hermien Bredenhann van die Vrystaat as vrouejag kampioen gekroon. Luzaan Koch het tweede geeÏndig… More

Bostelegram 4 / 2016

Bostelegram

EK LEES in die Julie 2016-uitgawe van Rooi Rose oor hoe breekbaar en broos dinge kan wees en dit maak nie saak hoe versigting jy partykeer met kosbaarhede werk nie, dat dit uiteindelik wel gaan kraak of breek. Maar dat mens eers die woord “broos” verstaan as dit op iemand of ’n geliefde van toepassing is. … More

Limpopo Hotshot 1 / 2016

Capture2

Soos elke nuwe jaar begin, skop die Limpopo SASJF ook af met sy 1ste bestuursvergadering. Die bestuurslede vir 2016 sien as volg daarna uit: Meeste van die bestuurslede is glad nie nuwe gesigte of vreemd in die Sportjag kringe nie. More

Photos / Fotos

President:
COBUS JOUBERT
jmjober@gmail.com

 

Vise-President
JANNIE HESSELINK
jannie@hkattorneys.co.za

 

Voorsitter
CHRISTO PRETORIUS
cfjpret@gmail.com

 

READ MORE

 

  • Accredited SAPS Dedicated Hunter/Geakkrediteerde SAPD Toegewyde Jagter (1300017)
  • Accredited SAPS Dedicated Sport Shooting/Geakkrediteerde SAPD Toegewyde Sportskiet (1300097)
  • Professional Hunting Federation Accreditation/Professionele Jagtersfederasie akkreditasie (1300101)
  • Affiliate member of Safari Club International & National Rifle Association (USA) / Geaffilieerde lid van Safari Club International & National Rifle Association (VSA)

 

READ MORE

Contact us / Kontak ons

Send message / Stuur boodskapclear

Advertising / Advertering

Janpret Trekkers
Legally Armed

Rifle Hunting

HPIM0205

Geweerjag

Range Sport

IMG_9599

Baansport

Bow Hunting

IMG_9363

 Boogjag

Wing Shooting

wingshooting_large1

Haelgeweerjag

Competitions

IMG_9374

Kompetisies

Events

IMG_7267

Gebeure